Wednesday, 2 March 2016
#3 Digitale Pedagogie in MY klaskamer
"The more that you read, the more things you will know. The more that you learn, the more places you'll go." ~ Dr. Seuss
Hierdie "plekke" waarna Seuss vewys sien ek nie net as fisiese plekke waarna jy kan reis nie (alhoewel dit ook idilies is en mens baie oor verskillende lande se kultuur kan leer). Ek sien hierdie "plekke" ook meer op 'n metaforiese wyse. Die plekke waar nog meer inligting verkry kan word, gedeel kan word en ondersoek kan word.... die internet en sosiale media hulpbronne sien ek as "plekke" waarheen leerders kan gaan om hul kennis te verbreed. Want in ons hedendaagse moderne wêreld is digitale pedagogie nie 'n opsie nie, maar 'n ononderhandelbare... 'n moet.
In Davis (2014) en Provenzanas (2015) se onderskeie blogs verwys hulle na verskeie maniere waarop mens die klas (en hiermee bedoel ek die leerders in die klas) tegnologies op datum kan kry. Ek, as 'n toekomstige Fisiese Wetenskappe en Wiskunde juffrou, sien die implimentering van die internet en sosiale media nie as 'n bedryging of as 'n beperking op my pedagiese styl nie, maar eerder as 'n verykende geleentheid, 'n bevryding vir my en my (toekomstige) leerders. Die leerporses kan uitgebrei word buite die vier mure van die klaskamer. Leerders kan d.m.v. hierdie buite die boks "plekke" (soos bo genoem) besef dat hulle nie net in 'n skool hoef te leer nie, maar dat die wêreld self, en dit sluit die internet en alles wat daarmee gepaart gaan in, 'n bron van kennis is. Mens leer elke dag op verskillende vlakke veskillende dinge op verskillende plekke... die skool en spesifiek die klaskamer is nie enig en uniek in die sogenaamde leer wêreld nie...
So waar en hoe kan ek digitale pedagogie inkorporeer in my klaskamer?
Eerstens dink ek dat dit 'n tipe van kommunikasie middel buite die klaskamer op 'n kreatiewe en lekker manier vir die moderne kind kan skep. Hiermee gaan ek die leerders die wanpresepsie van "leer is sleg" probeer teenwerk. Leer moet lekker wees. Twitter en Facebook kan gebruik word om interessante inligting en bevindings met mekaar te deel wat nie noodwendig direk verband hou met die werk wat in die klas behandel word nie. Eksperiment video's kan op You Tube gekyk word en "geshare" word op die sosiale media soos reeds genoem. Belangrike Wiskundige, Fisiese en Chemiese bevindings en artikels kan gedeel word met mekaar en sodoende word die vakke FUN gemaak. 'n Lus vir leer, 'n soeke na kennis en 'n verlange na wysheid kan sodoende verder gekweek word.
Verder kan huiswerk en take elektronies voltooi word en aan my as 'n juffrou ge-epos word om sodoende ook 'n kleiner koolstof voetspoor agter te laat. Daar kan selfs gebruik gemaak word van 'n quiz sisteem in die klaskamer waar leerders na of voor 'n lesing 'n paar multikeuse vragies moet beantwoord op hulle selfone. Die antwoorder wat die leerders invul sal dan onmiddelik digitaal op my (die onderwyseres) se rekenaar kan regestreer. Op die wyse kan die vordering van leerders beter gemonitor word en aandag kan onmiddelik aan leerders geskenk word wat nog nie die begrip of werk onder die knie het nie.
So ek sê beslis "ja" vir digitale pedagogie in MY klaskamer en sien uit daarna om eendag in my klaskamer leer FUN te maak vir my klas!!!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment