Wednesday, 24 February 2016

#2 Digitale Pedagogie


'n Vraag wat ek in my vorige blog gevra het bly my by toe ek die artikels van @slamteacher (2013) tinyurl.com/hrp6bp6 en @Jessifer (2013) tinyurl.com/jjg502w deur lees...

 Die vraag wat gevra moet word is of digitale pedagogie in die elektroniese sin van die woord regtig die enigste en belangrikste hulpmiddel in die moderne klaskamer moet wees?  Of  kan ‘n sogenaamde “unplugged”, naakte  pedagogiese siteem werk in ‘n hedendaagse lewe?

Nadat ons die video "Testing hope" in die klaskamer gekyk het, besef ek net weereens hoe bevooreg ons hier by die Universiteit van Stellenbosch is met ons goeie gehalte infrastuktuur, rekenaar toegang vir alle studente, hulpmiddels in die vorm van projektors en selfs interaktiewe witborde, hulpbronne soos die verskeie biblioteke op kampus... hierdie lys gaan aan. Die fleit by staan: ons is bevoorreg. Ons het meer as wat nodig is. Maar ons sukkel om digitale pedagogie suksesvol deel van ons allerdaagse klaslewe toe maak. Dosente en studente gebruik digitale pedagogie as 'n kits oplossing vir opvoeding... en dit is digitale pedagogie beslis nie. So dit laat mens dink:

As ons, as bevoorregte studente met uiters gekwalifiseerde dosente en leerstaf sukkel met hierdie veranderende wêreld en hierdie moderne tegnologie, hoe sal ander minder bevoorregte leeromgewings vaar met hierdie uitdaging(s)?

Ek besef net weer en weer elke dag dat pedagogie 'n moet in 'n klaskamer is, maar dat goeie digitale pedagogie 'n bate is. Iets wat nie as vanselfsprekend moet aanvaar word nie. 'n Luukse. Iets waarna daar in ons moderne en reenboogsamelewing gestreef moet word om te vervolmaak nie in die nabye toekoms nie maar iewers ver op die horison...

Ons vergeet egter soms wat die woord pedagogie werklik beteken. Dit beteken nie net om kennis oor te dra deur middel van klas gee nie... Pedagogie is eintlik moeilik om in woorde te beskryf... dit is iets wat jy sal kan herken maar iets wat jy moielik kan benoem! Maar in @slamteacher (2013) tinyurl.com/hrp6bp6 het die definisie van pedagogie vir my ook bietjie helderder geword:

"Pedagogy… is the place where philosophy and practice meet.”

Dit is dus belangrik om te besef dat alle opvoeders nie pedagoge is nie. Werklike pedagoge kyk na wye verskeidenheid van opsies (digitaal en nie digitaal) van klas gee en opvoed, probeer tekortkominge sien as 'n uitdaging eerder as 'n struikelblok, moedig leerders aan om deel te neem in die klaskamer, soek voordurend nuwe maniere om hule werk aan te bied, werk op hulle leeders se vlak sodat hulle kan verstaam en op die wyse word 'n ingewikkelde netwerk van leer geskep wat die opvoeder sowel as die leerders positief beinvloed en laat groei. Dit is belangrik dat pedagogie en in besonder digitale pedagogie op 'n gereelde basis herevalueer en nagevors moet word.

Digitale pedagogie is soos 'n blom se saad wat eers geplant en ontkiem moet word, nat gegooi en versorg moet word op 'n gereelde basis en dan tyd gegee moet word om teen sy eie tempo te groei... dan eers kan die pragtige blom sy verskeining maak. Digitale pedagogie is duidelik nie 'n groot bom wat ewe skielik uit die bloute uit ontplof nie... Ons moet dus ook nie verwag dit dit binne 'n kwessie van 'n paar jaar die wêreld suksesvol gaan oorneem nie. Gee dit tyd om te groei. Gee dit tyd om te blom.



No comments:

Post a Comment