Ek onthou nog die dag toe ek en die woord “digitaal” vir die eerste keer kennis gemaak het… dit was tien jaar gelede. My broer was op ‘n kriekettoer in England en met sy terugkeer het hy vir ons as gesin ‘n present saamgebring: ‘n nuwe, “new age”, “top of the range” digitale kamara! En hierdie 5 mega pixel digitale kamara het sowaar ons lewens kleruvol ingekleur! Dit het vir ons die eerste keer in staat gestel om ons herinneringe te kon vir ewig… selfs op ‘n rekenaar! En sederdien daardie eerste ontmoetingsdag het my verhouding met die "digitale" ontwikkel… selfs met die tipiese "ups and downs" wat maar gepaart gaan met enige normale liefdesverhouding...
Vandag, as ‘n vyfde jaar student by die Universiteit van Stellenbosch, kan ek met eerlikheid sê dat ek al beslis “the good, the bad and the evil” gesien het tydens die inspanning van digitale hulpmiddels in die klaskamer. Maar wat weeg die swaartste: die goeie aspekte of die selgte aspekte rondom digitale pedagogie?
In die artikel “Digital Pedagogy Unplugged” beskryf Paul Fyfe verskeie probleme wat daarmee gepaart kan gaan om digitale pedagogie in die klaskamer met ope arms te verwelkom. Volgens Fyfe is die eertse probleem (onder meer) wat sy kop kan uitsteek in 'n klaskamer waar daar hoofsaaklik van digitale pedagogie gebruik gebruik gemaak word die verandering van die klaskamer vanaf 'n veilige leer-hawe na 'n plek waar feite in die vorm van “bullet points” in jou keel afgedruk word.
Nog 'n probleem wat kan voorkom is die gebruik van digitale hulpmiddels wat geen nut of doel dien in die speisifieke lesing nie. Hulpmiddels word op ‘n onverbeeldinglose wyse gebruik en geïnkorporeer tydens ‘n lesing waar dit redelik onvanpas of as nutteloos bestempel kan word. In plaas daarvan om die leerder in die klas te stimuleer deur middel van hierdie hulpmiddels, irriteer en frustreer dit hulle. Dit kan weer op sy beurt lei na verdere fokusprobleme en kan veroorsaak dat die leerder se belange in die spesifieke veld verminder.
Die vraag wat gevra moet word is of digitale pedagogie in die elektroniese sin van die woord regtig die enigste en belangrikste hulpmiddel in die moderne klaskamer moet wees? Of kan ‘n sogenaamde “unplugged”, naakte pedagogiese siteem werk in ‘n hedendaagse lewe?
Die punt bly egter staan, en Fyfe bevestig dit weereens, dat die klaskamer nie kan verander met behulp van moderne tegnologie voordat die pedadogie self nie verander nie. Dit dui daarop dat indien die pedagogie nie self suksesvol is nie, die invoer van elektroniese hulpmiddels nie die sukses van die klaskamer gaan verbeter nie.
Mark Bauerlein voorspel dat oor 10 jaar opvoeders agter sal kom dat sommige aspekte rakende ‘n persoon se inteligensie geoptimaliseer kan word met die vermenging van digitale sowel as nie-digitale hulpmiddels in en om die klaskamer. Kom ons gebruik eerder die tyd in die klaskamer om leerders te stimuleer deur middel van vrae en antwoorde en "hands on" klasgee situasies en inkorporeer die elektroniese digitale pedadogie vir tuisopdragte en verdere leer stimuli. Kom ons leer ons leerders dat elektroniese tegnologie wel 'n baie belangrike rol speel in die leerproses van skool, maar dat dit nie die alfa en omega in elke leer situasie hoef te wees nie. Kom ons leer ons leerders om soms bietjie weg te kom van elektronika of en die "unplugged" weergawe van die situasie te beleef... kom ons wees braaf... kom ons leef "kaal"!
No comments:
Post a Comment