Wednesday, 24 February 2016

#2 Digitale Pedagogie


'n Vraag wat ek in my vorige blog gevra het bly my by toe ek die artikels van @slamteacher (2013) tinyurl.com/hrp6bp6 en @Jessifer (2013) tinyurl.com/jjg502w deur lees...

 Die vraag wat gevra moet word is of digitale pedagogie in die elektroniese sin van die woord regtig die enigste en belangrikste hulpmiddel in die moderne klaskamer moet wees?  Of  kan ‘n sogenaamde “unplugged”, naakte  pedagogiese siteem werk in ‘n hedendaagse lewe?

Nadat ons die video "Testing hope" in die klaskamer gekyk het, besef ek net weereens hoe bevooreg ons hier by die Universiteit van Stellenbosch is met ons goeie gehalte infrastuktuur, rekenaar toegang vir alle studente, hulpmiddels in die vorm van projektors en selfs interaktiewe witborde, hulpbronne soos die verskeie biblioteke op kampus... hierdie lys gaan aan. Die fleit by staan: ons is bevoorreg. Ons het meer as wat nodig is. Maar ons sukkel om digitale pedagogie suksesvol deel van ons allerdaagse klaslewe toe maak. Dosente en studente gebruik digitale pedagogie as 'n kits oplossing vir opvoeding... en dit is digitale pedagogie beslis nie. So dit laat mens dink:

As ons, as bevoorregte studente met uiters gekwalifiseerde dosente en leerstaf sukkel met hierdie veranderende wêreld en hierdie moderne tegnologie, hoe sal ander minder bevoorregte leeromgewings vaar met hierdie uitdaging(s)?

Ek besef net weer en weer elke dag dat pedagogie 'n moet in 'n klaskamer is, maar dat goeie digitale pedagogie 'n bate is. Iets wat nie as vanselfsprekend moet aanvaar word nie. 'n Luukse. Iets waarna daar in ons moderne en reenboogsamelewing gestreef moet word om te vervolmaak nie in die nabye toekoms nie maar iewers ver op die horison...

Ons vergeet egter soms wat die woord pedagogie werklik beteken. Dit beteken nie net om kennis oor te dra deur middel van klas gee nie... Pedagogie is eintlik moeilik om in woorde te beskryf... dit is iets wat jy sal kan herken maar iets wat jy moielik kan benoem! Maar in @slamteacher (2013) tinyurl.com/hrp6bp6 het die definisie van pedagogie vir my ook bietjie helderder geword:

"Pedagogy… is the place where philosophy and practice meet.”

Dit is dus belangrik om te besef dat alle opvoeders nie pedagoge is nie. Werklike pedagoge kyk na wye verskeidenheid van opsies (digitaal en nie digitaal) van klas gee en opvoed, probeer tekortkominge sien as 'n uitdaging eerder as 'n struikelblok, moedig leerders aan om deel te neem in die klaskamer, soek voordurend nuwe maniere om hule werk aan te bied, werk op hulle leeders se vlak sodat hulle kan verstaam en op die wyse word 'n ingewikkelde netwerk van leer geskep wat die opvoeder sowel as die leerders positief beinvloed en laat groei. Dit is belangrik dat pedagogie en in besonder digitale pedagogie op 'n gereelde basis herevalueer en nagevors moet word.

Digitale pedagogie is soos 'n blom se saad wat eers geplant en ontkiem moet word, nat gegooi en versorg moet word op 'n gereelde basis en dan tyd gegee moet word om teen sy eie tempo te groei... dan eers kan die pragtige blom sy verskeining maak. Digitale pedagogie is duidelik nie 'n groot bom wat ewe skielik uit die bloute uit ontplof nie... Ons moet dus ook nie verwag dit dit binne 'n kwessie van 'n paar jaar die wêreld suksesvol gaan oorneem nie. Gee dit tyd om te groei. Gee dit tyd om te blom.



Thursday, 18 February 2016

#1 - Digitale Pedagogie

Ek onthou nog die dag toe ek en die woord “digitaal” vir die eerste keer kennis gemaak het… dit was tien jaar gelede. My broer was op ‘n kriekettoer in England en met sy terugkeer het hy vir ons as gesin ‘n present saamgebring: ‘n nuwe, “new age”, “top of the range” digitale kamara! En hierdie 5 mega pixel digitale kamara het sowaar ons lewens kleruvol ingekleur! Dit het vir ons die eerste keer in staat gestel om ons herinneringe te kon vir ewig… selfs op ‘n rekenaar! En sederdien daardie eerste ontmoetingsdag het my verhouding met die "digitale" ontwikkel… selfs met die tipiese "ups and downs" wat maar gepaart gaan met enige normale liefdesverhouding...

Vandag, as ‘n vyfde jaar student by die Universiteit van Stellenbosch, kan ek met eerlikheid sê dat ek  al beslis “the good, the bad and the evil” gesien het tydens die inspanning van digitale hulpmiddels in die klaskamer. Maar wat weeg die swaartste: die goeie aspekte of die selgte aspekte rondom digitale pedagogie?

In die artikel “Digital Pedagogy Unplugged” beskryf Paul Fyfe verskeie probleme wat daarmee gepaart kan gaan om digitale pedagogie in die klaskamer met ope arms te verwelkom. Volgens Fyfe is die eertse probleem (onder meer) wat sy kop kan uitsteek in 'n klaskamer waar daar hoofsaaklik van digitale pedagogie gebruik gebruik gemaak word die verandering van die klaskamer vanaf 'n veilige leer-hawe na 'n plek waar  feite in die vorm van “bullet points” in jou keel afgedruk word.
Nog 'n probleem wat kan voorkom is die gebruik van digitale hulpmiddels wat geen nut of doel dien in die speisifieke lesing nie. Hulpmiddels word op ‘n onverbeeldinglose wyse gebruik en geïnkorporeer tydens ‘n lesing waar dit redelik onvanpas of as nutteloos bestempel kan word. In plaas daarvan om die leerder in die klas te stimuleer deur middel van hierdie hulpmiddels, irriteer en frustreer dit hulle. Dit kan weer op sy beurt lei na verdere fokusprobleme en kan veroorsaak dat die leerder se belange in die spesifieke veld verminder.

Die vraag wat gevra moet word is of digitale pedagogie in die elektroniese sin van die woord regtig die enigste en belangrikste hulpmiddel in die moderne klaskamer moet wees?  Of  kan ‘n sogenaamde “unplugged”, naakte  pedagogiese siteem werk in ‘n hedendaagse lewe?

Die punt bly egter staan, en Fyfe bevestig dit weereens, dat die klaskamer nie kan verander met behulp van moderne tegnologie voordat die pedadogie self nie verander nie. Dit dui daarop dat indien die pedagogie nie self suksesvol is nie, die invoer van elektroniese hulpmiddels nie die sukses van die klaskamer gaan verbeter nie.

Mark Bauerlein voorspel dat oor 10 jaar opvoeders agter sal kom dat sommige aspekte rakende ‘n persoon se inteligensie geoptimaliseer kan word met die vermenging van  digitale sowel as nie-digitale hulpmiddels in en om die klaskamer. Kom ons gebruik eerder die tyd in die klaskamer om leerders te stimuleer deur middel van vrae en antwoorde en "hands on" klasgee situasies en inkorporeer die elektroniese digitale pedadogie vir tuisopdragte en verdere leer stimuli. Kom ons leer ons leerders dat elektroniese tegnologie wel 'n baie belangrike rol speel in die leerproses van skool, maar dat dit nie die alfa en omega in elke leer situasie hoef te wees nie. Kom ons leer ons leerders om soms bietjie weg te kom van elektronika of en die "unplugged" weergawe van die situasie te beleef... kom ons wees braaf... kom ons leef "kaal"!