So die vraag is: Ja of nee vir die gebruik van ineraktiewe witborde in die klaskamer?
Voor mens hierdie vraag kan beantwoord is dit natuurlik eers belangrik om presies te verstaan wat so 'n witbord is en wat die gebruik daarvan alles behels. 'n Interaktiewe witbord (IWB) is 'n groot interaktiewe voorstelling/bord wat aan 'n rekenaar gekoppel is. 'n Projektor projekteer die rekenaar se"desktop" op die witbord se oppervlak vanwaar jy die rekenaar kan beheer d.m.v a pen, jou vinger of enige ander redelike skerp objek. Sodoende kan notas wat op die witbord geskryf word of werk wat voltooi is op die bord gestoor word op die rekenaar vir latere gebruik/terugverwysing. Die internet word ook aan die klas met een vingeraanraking oopestel vanwaar video's, interaktiewe webtuises ens. maklik gebruik kan word om die leerervaring van die leerder te verbreed.
Alhoewel dit relatief maklik klink om met 'n IWB te werk en dit tot jou voordeel as onderwyser te gebruik in die klaskamer, is dit nie so maklik om hierdie slim-bord baas te raak nie. Die gevaar is dus dat indien jy nie die gebruik van die IWB heeltemal onder die knie het nie, dit nie meer 'n bate in die klaskamer gaan wees nie maar 'n las. Jy gaan soveel tyd tydens klastyd spandeer om te probeer om suksesvol op die bord te skryf of om dinge op die bord te doen dat die hoofdoel van jou les verlore sal gaan: die oordrae van inligting en die aanmoediging van leerders om te WIL leer.
Maar as jy wel weet hoe die IWB werk en jy het die gebruik daarvan bemeester, kan jy dit doeltreffend aanwend as suksesvolle hulpbron in die klaskamer. In my vakgebiede, Wiskunde en Skeinat, is dit dikwels moeilik vir leerders om fisies betrokke te raak in 'n gewone klasopset. Leerders sukkel ook dikwels om begrippe en voorbeelde in te sien sonder dat dit eksplesiet aan hulle vertoon is d.m.v. 'n video'tjie, eksperiment of praktiese voorbeelde. In hierdie opsigte sal ek in my vakgebiede die IWB kan gebruik om leerders meer betrokke te kry in die klaskamer sodat leerders dit wat ek verduidelik beter kan insien. Eksperimente kan beter verduidelik en vertoon word op die IWB (selfs al is die fisiese toerusting nie beskikbaar in die klaskamer nie) en wiskunde probleme kan meer akuraat verduidelik en getoets word daarop. Baie webtuistes is ook deesdae beskikbaar waarop voorbeelde op 'n meer interaktiewe wyse aan leerders voorgestel word. Omdat die IWB ook modern en (obviously) meer tegnologies is as ander borde, sal leerders ook beter daarmee kan assosieër. Hulle sal graag wil betrokke wees en sal wil aandag skenk aan wat in die les aangaan. Deur die gebruik van die IWB sal leerders dus meer betrokke wees tydens die les wat hulle meer entoesiasties sal maak oor die vakgebied en sodoende 'n liefde vir die vakkennis sal kweek.
So daarom sê ek dat indien jy as onderwyser die IWB suksesvol kan gebruik (weet hoe dit werk) as 'n bate in die klaskamer om die leerders se leerervaring te verbreed en te verbeter, doen dit! Maar net as die gebruik daarvan nie die leerders se aandag van die werklike inhoud van die vakgebied gaan aftrek nie.
Ek sê YAY vir interaktiewe witborde in my klaskamer eendag!
