Op skool was ek 'n pliggie. Ja, daai een in die klas... dit was ek. Daai soet, "slim" een in die klas wat almal as die sogenaamde "teachers pet" gesien het. Ek het gehou van leer, van ontdek en om uitgedaag te word. Wiskunde en Skeinat was my kos. Maar tog het ek 'n absolute liefde vir drama, sing, dans... so as ek my eie kurrikulum kon skep sou elke dag so 'n kulturele aspek ingesluit het :-)!
Daar ontstaan egter 'n vraag in my kop as ek dink aan "self-directed learning" in Suid-Afrika... Kan dit werklik werk in die sukkellende post-apartheid era waarin ons leef?
Ons sit steeds vandag in 'n groot dillema wat ons skool en onderrig aanbetref. Leerders sukkel met die huidige redelik "maklike" kurrikulum wat tans reg oor die land geimplementeere word... veral in die minderbevoorregte omgewing. Ek dink, en mense mag natuurlik van my verskil, dat 'n groot rede waarom die werkersklas kinders so sukkel met ons kurrikulum is die te kort aan goeie ondersteuningsnetwerke by die huis sowel as 'n te kort aan goeie en veilige omgeweing om in te werk en te leer... nie net by die huis nie, maar ook by die skool. Om 'n "self-directed" leeromgewing te skep binne hierdie sukkelende skoolwêreld sal op 'n ramp afstuur, dink ek...
Waarom is is ons huidiglike kurrikulum soos hy is? Ek dink dit is soos dit is om mense meer gelyk te kry, op skool vlak, na die apartheidsera. Tydens apartheid was daar 'n kurrikulum vir blanke mense en 'n kurrikulum vir nie-blanke mense. Die blanke kurrikulum het hoër kognitiewe denke ontwikkel tewyl die kurrikulum vir onderskleuriges hulle baie beperk het en geen geleentheid gegin vir kritiese denke om te ontwikkel nie. Sodoende is daar 'n wanbalans in die mensdom in Suid-Afrika ontwikkel oor die rassegrens. Hierdie wanbalans is steeds aanwesig in ons land aangesien hierdie generasie wat skoolonderrig in die apartheidsera ontvang het nou die ouers en grootouers is van die jeug vandag. Om hierdie wanbalans uit te stryk en gelyk te maak gaan egter nie oornag gebeur nie... en kort oplossings en kortpaaie is beslis nie die antwoord nie.
Ek weet daar is baie dinge wat in ag geneem moet word met ons huidige situasie in ons land en die klasse en rasse skeidings wat steeds aanwesig is en soos reeds genoem weet ek daar is geen kitsoplossings nie. Hierdie idee van my (wat nou gaan volg) het dalk nog baie leemtes en plek vir verder idees en verbetering, maar dit lui as volg:
Alhoewel die huidige kurrikulum deur baie mense as makliker as vorige kurrikulums gesien word, dink ek hierdie makliker kurrikulum moet eers vir 'n aantal jare ('n hele aantal jaar, soos vir 20 jaar) "ass is" toegepas word in ons land. Sodoende word die jeug van vandag tot op 'n spesifieke standaard gebring... almal op dieselfde standaard. Alhoewel die standaard , volgens sommige mense, laer gaan wees as die vorige blanke apartheidsera matrikulante, gaan dit wel hoër wees as die nie-blanke kurrikulum standaar wat tydens apartheid geskep was.
Na die implimentering van CAPS oor 'n lang tydperk, is die nuwe ouers se gemiddelde onderrigsgraad hoër as wat dit tans is. Sodoende kan die nuwe ouers 'n beter ondersteuningsnetwerk vir die toekomstige jeug bied wat die geleentheid oop maak vir 'n nuwe, meer uitdagende en dalk self meer "self-directed" kurrikulum dan. Onderwysers gaan ook dan beter in staat wees om so 'n meer "oop" kurrikulum suksesvol te kan aanbied omdat hul agtergrond self beter is as baie onderwysers sin vandag.
So, ek dink nie 'n 'self-directed" kurrikulum is tans die beste opsie in ons situasie in Suid-Afrika nie. Maar dit beteken nie dat ek hierdie idee en konsep totaal en al afskiet nie, nee. Ek sê gee dit tyd. Baie tyd. En na 20 of 30 jaar heroorweeg die huidige kurrikulum en bevorder dan nog hoër kognitiewe denke.
Dit my beskeie opinie, en jy mag verskil... maar ek glo dit kan werk in ons mooie land Suid-Afrika! Ons het baie potensiaal en ek glo ten volle dat ons hiedie potensiaal kan ontgin... nie vandag of more nie... maar eendag...
No comments:
Post a Comment